AfriForum Springs doen sigbaarheidspatrollie saam Bakerton GPF
Ongeveer 710km is afegelê, 94 manure altesaam.

Vrydagaand het AfriForum Springs buurtwag en Bakerton GPF hande gevat om ’n sigbaarheidpatrollie van stapel te stuur.
Die Afriforum takke in Brakpan en Kempton Park het hulle vergesel.
Ongeveer 710km is afegelê, 94 manure altesaam.
Bakerton gaan gebuk onder ’n vlaag van misdaad sedert die feesseisoen.
Volgens die Bakerton GPF voorsitter en hulle lede, kan misdaad nie gelate aanvaar word nie.
ALSO READ:
AfriForum Springs says Springs Blesbokspruit has high levels of E. coli
Cornel Swart, AfriForum Springs voorsitter, het gesê: “Daar moet daadwerklike oplossings gevind word om misdaad in die Bakerton, en groter Springsgemeenskap, hok te slaan.
“As sigbaarheidpatrollies ’n begin is, dan doen ons dit.”
Die AfriForum buurtwaglede van Springs en die Oos-Rand Nehemiaprojek is bereid om enige tyd weer hande te neem met die Springs-gemeenskap om sigbaarheid en veiligheid te verseker.
Raak betrokke by jou plaaslike gemeenskapsveiligheidstruktuur of SMS jou naam, van en die woord “Springs” na 45342.



