Die 38ste Cravenweek het van 17 tot 20 Junie te Bloemfontein Sentraal plaasgevind.
Twee van Olympia Park Skool se leerders, Nthokoza Majeke en Duncan van der Merwe, was deel van die o-18 Cravenweekspan.
Hulle het teen die volgende spanne gespeel en die uitslae was soos volg:
• Wen 38-13 teen Blou Bulle
• Verloor 38-17 teen SWD
• Wen 43-28 teen Boland
Van der Merwe speel flank (7).
Also read: Olympia Park athletes excel at LSEN Athletics Championships
Hy word tydens hierdie byeenkoms vir die SA LSEN Uitnodigingspan gekies, wat van 1 tot 6 Julie te Bloemfontein aan die Akademieweek-toernooi sal deelneem.
Majeke speel slot (5).
Hy het twee drieë gedruk tydens die opwarmingswedstryde.
Henkie Goosen, onderwyser by Olympia Park Skool, was die spanbestuurder vir die o-18 Cravenweekspan en sal ook die spanbestuurder vir die SA LSEN Uitnodigingspan wees.
Follow us on our social media platforms:



