Local newsNews

Jong model glo om te help waar sy kan

Zané bied ook gereeld fotokompetisies aanlyn aan om op dié manier geld in te samel vir die vele projekte waarmee sy besig is.

‘n Inspirerende jonge juffie van die dorp, Zané Barnard (10), is ‘n finalis in die Miss Teen South Africa 2020 kompetisie wat deur Pageants SA aangebied word.
Die gesogte kompetisie sal op 10 Oktober plaasvind by die Marechelle Country Estate in Bredell, Benoni.
Die wenner sal die geleentheid kry om Suid-Afrika oorsee in Turkye te gaan verteenwoordig.
Zané het haar oog op die gesogte titel om ‘n voorbeeld vir ander tienermeisies te wees en te wys dat alle drome waar kan word deur jou voete op die grond te hou en na die sterre te reik.
Pageants SA is daarvoor bekend om liefdadigheidswerk te doen, en dit is presies wat Zané gehoop het om vir die kompetisie in te skryf.
Die inwoner is tans betrokke by verskeie welsynorganisasies en wil so die titel gebruik om verder ‘n verskil in ander se lewens te maak.
Zané skenk gereeld tweedehandse klere vir organisasies soos Vita Nova Care Centre in Daggafontein asook vir CHANCE Children’s Home in Dunottar.
Die goedhartige jong kind samel ook gereeld kos pakkies in en deel dit dan uit op die straat vir minderbevoorregtes.
Sy is ook betrokke by die Goodies for Girls-projek waar sy sanitêredoekies versamel sodat dit versprei kan word onder meisies wat dit nie kan bekostig nie.
Zané bied ook gereeld fotokompetisies aanlyn aan om op dié manier geld in te samel vir die vele projekte waarmee sy besig is.

 Also read: Models need your help for an exciting event in New York

Na aanleiding van al die liefdadigheidswerk wat sy doen, het sy ook verlede jaar die Rotary Book Club-toekenning gewen.
Minder bevoorregte mense asook bejaardes lê na aan haar hart en daarom versamel sy ook skryfbehoeftes en mediese benodighede vir ‘n projek in Mosambiek vir die Pageants SA Mozambique Outreach Programme.
Die ywerige kind was ook gedurende September besig met die bewusmaking van kinders met kanker.
Alhoewel hierdie jaar voort stoomroller onthou sy 2019 met groot opwinding toe sy vyf internasionale titels verower het.
Sy was as Miss Petite Africa 2019, Miss Petite Tourism South Africa 2019, Miss Petite Best Model South Africa 2019, Miss Petite Queen of the World 2019 en Miss Petite Queen of the Universe 2019 aangewys.
Zané doen al vir die afgelope agt jaar modelwerk en het al oor die 100 titels verower.
Sy is tans by die Vogue Catwalk Models in Pretoria onder lyding van Valerie Begbie.
Zané deel graag wat modelwerk haar tot dusvér geleer het.
“Modelwerk gaan nie net oor die titel nie maar wat jy vir ander daarmee kan doen. Wees altyd nederig want dit kos jou niks om jou medemens te help nie,” het sy gesê.
Daar is ‘n stemlyn waar mense vir Zané kan stem vir die Face of South Africa titel. Dit is ‘n aanlyn-afdeling van Miss Teen South Africa.
Al wat jy moet doen is om TSA200 te SMS na 47018. Elke SMS kos R2.

Follow us on our social media platforms:

Twitter
Instagram
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button