Local newsNews

Sharone will inspireer

Daar was altyd musiek in ons huis en ek het van kleins af graag saam gesing en gedans.

Talentvolle Springs sanger Sharoney is alreeds ’n huishoudelike naam in Afrikaanse musiek. Sy het in 2014 haar eerste vollengte album, wat goed ontvang is deur die publiek, vrygestel. Die Springs Advertiser het onlangs met haar gesels.

• Wanneer het jy besluit om ’n musikant te word?
Daar was nog altyd musiek in ons huis en ek het van kleins af graag saam gesing en gedans. Ek het altyd aan kompetisies deelgeneem en het baie goed gedoen. Maar na dat ek my eerste album in 2014 vrygestel het, het ek besef dat musiek en sang my bestemming was.
• Wat motiveer jou?
My familie het my nog altyd ondersteun in alles wat ek aanpak. Dit is vir my ook lekker om te sien hoe my aanhangers my musiek geniet. As ek hulle ’n bietjie vreugde kan gee dan weet ek, ek doen die regte ding. Ek sien ook hoe ek groei as a persoon en kunstenaar en ek strewe altyd om beter te doen.

Also read: RSG en lekker musiek op die ope oseaan

• Hoe was jou ervaring met die twee albums wat jy al vrygestel het?
Dit was sover een van die beste ervarings van my lewe. Ek was so bly om te hoor mense hou van my musiek. Dit was ook lekker om met soveel talentvolle mense te werk, wat ’n groot passie het vir musiek.
• Wie is jou grootse invloed?
Ek hou van alle musiek en ek dink elke tipe musiek het sy plek, maar my klank is meeste beïnvloed deur popsterre soos Katy Perry en Kelly Clarkson. Ons probeer regtig hard om daardie pop-klank na te maak, want dit is wat mense meeste van hou.
• Het jy ’n rolmodel?
Ja, my ma. Sy is ’n sterk mens, sy is ’n wonderlike ma, vrou en skrywer. Sy het ’n fantastiese vermoë met woorde en sy weet altyd wat om te sê.
• Hoe voel dit om lewendig op te tree?
Dit is die gunsteling aspek van my werk. Dit is ’n lekker gevoel om te sien hoe mense my musiek geniet. Dit gee my ook die geleentheid om nuwe mense te ontmoet.
• Hoe was jou ervaring met die musiek videos?
Ek het dit vreeslike geniet. Ek wou nog altyd vir televisie optree en die videos het vir my die kans gegee om dit te ervaar. Dit help ook om vir mense te wys wat die liedjie beteken en betekenis te gee aan die storie wat die liedjie probeer vertel.

Also read: Sien die beste Afrikaanse musikante by Meat World Musiekfees

• Wat is die beste herinnering van jou loopbaan sover?
Toe ek uitgevind het my eerste album was vir twee Ghoema-toekennings genomineer.
• Wat is jou stokperdjies wanneer jy nie musiek maak nie?
Ek is geniet dit om die gym te besoek en fiks te bly. Ek geniet ook die natuur en loop gereeld rond op ons plaas.
• Dink jy daar is wanopvattings wat mense van jou het?
Ja. Ek is ’n baie vriendelike mens, maar ek frons partykeer nogal baie en mense sien dit en dink dalk ek is onvriendelik. Ek is egter net die teenoorgestelde en baie vriendelik. Ek kom goed oor die weg met almal. Ek is ook baie nederig.
• Het jy enige advies vir jonger musikante?
Passie moet altyd eerste kom. As jy net geld wil maak en beroemd word dan doen jy dit vir die verkeerde redes.

Follow us on our social media platforms:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button