Local newsNews

In die kollig

Dit is ook baie oefening, veral vir mense wat nie meer so aktief is nie.

Izak Hattingh is een van die voorsitters by Springs Town Bowling Club en speel al vir meer as 30 jaar rolbal. Hy en sy vrou, Tokkie, het in 1986 by die klub aangesluit.

Hoe het jy by die klub aangesluit?
Ek en Tokkie het daar ’n draai gaan maak en die mense was so vriendelik dat ons dadelik besluit het om lede van die klub te word.

Wat presies bied die klub aan?
Ons het klubkompetisies en kampioenskappe, wat almal baie geniet.

Watter voordele bied rolbal?
Dit gee vir mense, veral ouer mense, die geleentheid om nuwe mense te ontmoet. Spelers kry ook vars lug in, om nie eens van die sonskyn te praat nie. Dit is ook baie oefening, veral vir mense wat nie meer so aktief is nie. By ons klub het ons spelers wat al diep in die 90 is, en die gemiddelde ouderdom is 70.

Bied die klub afrigting aan?
Ja, ons het ’n hele span afrigters wat elke naweek gratis klasse aanbied. Ons moedig almal aan om die sport ten minste een keer ’n kans te gee.

Is daar enige wanopvattings van rolbal wat jy al gehoor het?
Mense dink dit is ’n oumens sport, maar dit is heltemal verkeerd. Almal kan die sport geniet, en dit is iets wat jy jou hele lewe kan doen. Dit is veral lekker om saam met jou familie en vriende te speel.

LEES OOK: In die Kollig

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button