Rudie Duvenage
Regering waar daar nie net iets belowe word nie, maar waar ons saam kan op staan en saam kan strewe na n beter toekoms vir elkeen van ons.
Rude Duvenage
ACDP
Wyk Springs
Ek is past Duvenage, woonagtig in Springs vir die afgelope 48 jaar, waarvan ek al 18 jaar in die bediening is in die Springs gemeenskap.
Ek het by die politieke party ACDP betrokke geraak om rede ek as ’n geestelike leier van my gemeenskap ’n beter toekoms vir elkeen soek.
Ek het ’n begeerte in ’n Goddelike regering waar daar nie net iets belowe word nie, maar waar ons saam kan op staan en saam kan strewe na ’n beter toekoms.
As ’n ACDP-kandidaat wil ek graag die onderrigstelsel in ons skole verbeter.
Ek wil die omstandighede vir al ons bejaardes van ons dorp, asook die verblyf van bejaardes, opskerp.
Ek wil daarna streef om weer ’n plaaslike regering te sien wat die gemeenskap en ordentlikheid waardeer en bevorder.
Dit sluit in die ondersteuning en skep van nuwe infrastruktuur, ordentlike werk, ordentlike dienslewering in ’n skoon en gesonde omgewing, ordentlike paaie, ordentlike riool, ordentlike sypaadjies en wandelgange en ordentlike straatligte.
Ek streef daarna om ons paaie en omgewing veilig te hou deur ons GPF, NCOP, SAPD en EMPD te ondersteun en met ander gemeenskapsorganisasies saam te werk.
Ward councillor candidates were invited to submit photographs and write-ups. Some candidates had not submitted information as requested.
This publication does not endorse any specific political party nor candidate.



