Martie is aan die stuur van sake
Die publiek kan self ’n skoenboks volmaak met items soos lekkergoed, beskuitjies, toiletware en ’n notaboek en pen.
Solidariteit Helpende Hand, Springs het onlangs ‘n nuwe komitee gekies.
Martie de Villiers is die voorsitter van die tak terwyl Paul Jansen van Vuuren sal dien as die ondervoorsitter en Michelle de Villiers as die sekretaresse.
“Ons vrywilliger tak is die hande en die voete in ons gemeenskap wat volhoubare projekte in die gemeenskap uitrol sodat die holistiese welstand van die gemeenskap kan bevorder,” het vir Mariolette Vorster, Helpende Hand streekorganiseerder verduidelik.
“’n Solidariteit Helpende Hand-vrywilliger is ’n persoon uit die gemeenskap wat hom- of haarself beskikbaar stel of wat aktief ‘n taak, verantwoordelikheid of projek aanvaar en uitvoer.
Also read: Sharoney se nuutste musiekvideo bekendgestel
“Die krag van die gemeenskap lê daarin dat gemeenskappe hul beskikbare hulpbronne mobiliseer en gemeenskapslede die onderskeie uitdagings uit hul eie wilsbeweging aanpak.
“Elkeen van ons is ‘n ambassadeur van verandering en speel ‘n integrale rol om ons eie gemeenskappe te laat floreer.
“ Dan vorm ons ‘n gemeenskap wat met hart, in krag saamstaan om hoop uit te dra, het Mariolette verduidelik.
Martie, wat al ‘n geruime tyd by Solidariteit Helpende Hand betrokke is het gesê dat sy baie uitsien na die nuwe rol.
“Ons het baie werk om in in die gemeenskap te doen en die projek waarop ons tans fokus is om bederfboksies (skoenboks grootte) vir bejaardes bymekaar te maak.
“Dié spesiale geskenke sal oor die Kersseisoen aan bejaarde inwoners oorhandig word,” het Martie verduidelik.
Die publiek kan self ’n skoenboks volmaak met items soos lekkergoed, beskuitjies, toiletware en ’n notaboek en pen.
Also read: Musiekliefhebbers is in vir ’n fees
Dié spesiale geskenke sal oor die Kersseisoen aan bejaarde inwoners oorhandig.
Andersins kan inwoners items skenk sodat Solidariteit Helpende Hand se vrywilligers self die inhoud kan verpak.
Persone wat skenkings wil maak kan vir Martie de Villiers by 082 579 9755 kontak. Sy is bereid om die skenking by jou besigheid of huis op te laai.
Skenkings kan ook te Kentsirkel 68, Petersfield, Springs, afgelewer word.
Skenkings sal tot 20 Desember ontvang word.
Follow us on our social media platforms:






