Local newsNews

Boer soek ‘n Vrou paartjie raak verloof

Die paartjie is reeds besig met trou beplanning.

Nadat Boer soek ‘n Vrou se Esmerelda van Wyk nie liefde op die program gevind het nie, het sy helaas haar boer gevind.
Na ‘n private reünie wat vroeg in Maart in Clarens plaasgevind het, het Esmerelda en Johan Lombard se paaie weer gekruis.

Johan Lombard en Esmerelda van Wyk wil vanjaar nog die knoop deur haak.

Later daardie maand het sy vir hom op sy plaas in Marquard gaan kuier waar hy haar toe gevra het om sy meisie te wees.
Sedertdien het hulle verkeie vakansies en langnaweke saam aangepak.

Also read: Musiekliefhebbers is in vir ’n fees

Esmerelda, wat in Edelweiss woon, het in ’n vorige onderhoud aan die Advertiser vertel dat hul liefde alle verwagtinge oortref en dat dit vir haar lekker is wanneer Johan haar bederf.
Die paartjie het Saterdag verloof geraak toe Johan op sy knie gegaan het en die groot vraag gevra het.
Esmerelda vertel dat sy dit glad nie verwag het nie.
“Dit was die beste dag van my lewe, ek is in die wolke,” het sy gesê.
Hulle het reeds met trou beplanning begin en beoog om voor die einde van die jaar die knoop deur te haak.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button