In die kollig
Die 70-jarige Sankie Jordaan, wat vir die vierde jaar as voorsitter van die Springs-tak Vroue Landbou-Unie dien, woon al vir 42 jaar saam met haar man At Jordaan in Presidentsdam.
Die 70-jarige Sankie Jordaan, wat vir die vierde jaar as voorsitter van die Springs-tak Vroue Landbou-Unie dien, woon al vir 42 jaar saam met haar man At Jordaan in Presidentsdam.
• Hoe lank is jy al ‘n lid van die unie?
Ek is al vir 36 jaar ’n lid.
• Wat het jou laat besluit om by die tak betrokke te raak?
Ek en `n paar van my vriendinne was genooi na `n VLU vergadering, nie lank nadat Carpe Diem-tak gestig was nie. Ek het dit geniet en besluit om aan te sluit.
• Wat behels jou pligte as voorsitter van die Springs-tak?
Om seker te maak dat elke maand se vergadering goed georganiseer is. Elke maand tree twee of drie van ons lede op as gasvrouens en hulle reël `n interessante spreker of demonstrasie vir die middag. Ek stel ook die program vir die jaar op en gee dit in boekvorm uit aan elke lid.
• Sou jy ander vroue aanraai om aan te sluit, en hoekom?
Ja, baie beslis. Ons maak nuwe vriende en kuier saam maar leer ook om ons kreatiewe talente te ontwikkel. Ons wil veral jonger vroue uitnooi om te kom aansluit sodat naaldwerk, hekel en brei nie moet uitsterf nie.
• Watter gereg kan jy toe oë maak?
Beslis ‘n noodle gereg.
• Wat doen jy graag in jou vrye tyd?
Ek het eintlik bitter min vrye tyd maar ek hou van handwerk (craft).
• Het jy enige doelwitte wat jy nog wil bereik?
Om rustiger te raak en meer tyd te hê om saam met my familie en vriendinne te kuier.
• Op wat sal jy geld spandeer sonder om twee keer te dink?
Handwerkprodukte.
• Wat sal ’n mens altyd in jou handsak vind?
`n Pen en notaboek.
• Watter vyf woorde sal jou eie beste beskryf?
Vriendelik, eerlik, liefdevol, hardwerkend, hulpvaardig
Follow us on our social media platforms:





