Local sportNewsSport

Ringbalklub se spanne wen liga

Drie van dié klub se spanne is vanjaar liga wenners.

Drie spanne van die Rosa Ringbal Klub in Springs het onlangs die Ekurhleni-Oos Klub liga gewen en dring daarmee deur na die Suid-Afrikaanse Nasionale Ringbaltoernooi, wat in Pretoria van 4 tot 9 Julie plaasvind.
Die spanne sluit die dames A en B-spanne asook die mans A-span in. Dit is ook die vyfde jaar wat die spanne die liga wen. Ander deelnemende spanne het Welgedacht en Brakpan ingesluit.
Die voorsiter van die Rosa Ringbalklub, Flippie Bronkhorst, het die spelers geprys vir hulle harde werk en toewyding aan die sport en die klub.
“Ek wens elke speler voorspoed toe vir die komende toernooi, wat te Korfbal Park gespeel sal word,” het Bronkhorst bygevoeg.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button