Local sportNewsSport

Kristel hou Suid-Afrika se naam hoog in Bangkok.

"Ek kon my geluk nie glo nie, dit was vir my 'n baie groot eer om te wen"

’n 31-jarige inwoner van Strubenvale kon nie haar geluk glo nie toe sy onlangs die Miss Universe titel by die WFF Pro-Am Universe Bodybuilding Championship gewen het nie.
Alhoewel Kristel Oliver nog nuut in dié bedryf is, het sy haar bes gegee en nie geskroom om goud te verower nie.
In 2021 het Kristel met ’n persoonlike opleidingkursus begin en wou haarself uitdaag om aan ‘n kompetisie deel te neem sodat sy as persoonlike afrigter ernstig opgeneem kan word.
Sy het met ’n 12-week voorbereiding begin om haar liggaam in die regte vorm te kry. “Die dieet is baie wetenskaplik en word daagliks uitgewerk met hoe my lyf reageer en moet lyk. Dit is eintlik ongelooflik.”
Tydens die voorbereiding het Kristel ses dae ‘n week in die gimnasium geoefen.
Sy sou vroër vanjaar in Mei reeds aan haar eerste kompetisie deelgeneem het maar na weke se voorbereiding is haar gesin met Covid-19 gediagnoseer en sy kon nie aan die kompetisie deelneem nie.

Also read: A rising women’s rugby star

“Ek was baie teleurgesteld. Dit was harde werk om te kom waar ek was,” het sy aan die Advertiser vertel.
Kristel het toe die geleetheid gekry om aan die WFF Pretoria Grand Prix Pro AM 2022 deel te neem. Sy het weer voorberei deur ‘n streng eetplan en oefenprogram te volg. Op 4 Junie het sy by haar eerste kompetisie die titel verower.
“Ek kon my geluk nie glo nie. Dit was vir my ’n baie groot eer om te wen,” het Kristel gesê.
Hier het sy gekwalifiseer om Suid-Afrika by die WFF Pro-Am Universe Bodybuilding Championship in Bangkok te verteenwoordig.
“Die onkostes was hoog en ons moes alles self dek. Gelukkig was ek geseën met verskeie borge wat my gehelp het om te gaan.”
Kristel het op 12 Julie saam met haar mede Suid-Afrikaanse span hul nasionale klere ontvang net voor hul vlug vertrek het.

Also read: Springs Rugby Club punish NWU

Op 17 Julie het Kristel eers aan die bikini kompetisie deelgeneem en was nie onder die top drie gekies nie. Later het sy aan die ‘glamour’ afdeling deelgeneem waar sy as Miss Glamour Universe aangewys is.
“Ek kon dit nie glo nie, dit was so onwerklik,” het sy vertel.
“Gelukkig was die kompetisie lewendig gestroom en my familie kon my op daardie oomblik sien en saam met my vier.”
Kristel het op 19 Julie terug na Suid-Afrika gekeer en vertel dat haar ervaring ongelooflik was.
“Ek kon nie wag om ‘n lekker stuk sjokolade koek te eet nie,” het Kristel met ‘n glimlag gesê.
“Dit was baie harde werk, maar baie belonend. Ek sal beslis weer in die toekoms so iets aanpak maar vir nou wil ek net ‘n bietjie ‘n normale lewe leef.”

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button