News

Hugies wen toneelfees

Hoërskool Hugenote het vanjaar skoonskip by die foneelfees finaal gemaak.

Hoërskool Hugenote se toneelgroep het skoonskip gemaak toe hulle vanjaar die Allegretto FAK Toneelfees finaal gewen het.

Die toneelfees finaal het op 10 September by die Voortrekker Monument plaasgevind.

Die toneelgroep het vroeër vanjaar met vier toneelstukke Lelieblomlaan, Jon(g)ker, Idees en Melodies Vir Ma aan dié toneelfees deelgeneem.
Op 28 Julie het die toneelstuk Lelieblomlaan ’n derde plek verower vir die afdeling tegnies en hier het Kayla van Wyk as die beste verhoogbestuurder weggestap.
Melodies Vir Ma is op 18 Julie uitgevoer. Die toneelstuk is slegs deur die leerders geskryf en het ‘n tweede plek as beste leerlingproduksie verower.
Die toneelstukke Jon(g)ker en Idees het hier deurgedring na die Allegretto FAK Toneelfees finaal wat op 10 September plaasgevind het.

Also read: Hugenote se matriekuitslae beïndruk

Onder die toneelstuk Jon(g)ker het Dylan Karsten die toekenning vir die beste klanktegnikus gekry en Nikita Meyer vir die beste aktrise. Dillan Bach het ook derde plek verower in die beste beligtingstegnikus kategorie.
Die twee toneelafrigters Kobus en Wayne van der Schyff-Small het hier derde plek gekry in die beste regisseur kategorie.
Dié toneelstuk het ook derde geëindig onder die beste drama kategorie.
Die toneelstuk Idees het ook het ‘n paar toekennings ontvang. Idees is aangewys as die beste ensemble en komedie en het ‘n derde plek ontvang vir die beste stel.
Hier is Henlo Meyer en Chermelé Wolmarans aangewys as die beste manlike en vroulike byrolle.
By die finaal het die Idees het die algehele beste feesproduksie titel gewen wat hulle met Hoërskool Helpmekaar deel.

Also read: Hugenote se top matrikulante

Hulle het teen 114 ander produksies meegeding vir die wentitel.
Dié twee skole sal dus volgende jaar by die Oppiwater Kunstefees optree.
“Ek was in ekstase toe ons wen,” het Kobus gesê.
“Ek dink ons het die vrugte gepluk.”
Kobus vertel dat hy nie ‘n gunsteling produksie kan kies nie en dat die produksies vir hom soos sy kinders is.
“Ons het nie verwag om met soveel toekennings weg te stap nie, maar het baie hard gewerk en gehoop vir die beste,” het Kobus gesê.
Die Van der Schyff-Small paartjie is al vir jare lank deel van Hugenote se toneel.
Kobus behartig die toneelspan vir die afgelope 24 jaar al en die laaste agt jaar doen Wayne dit saam met hom.

Follow us on our social media platforms:

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button