Nuwe gemeenskapsaal sal veeldoelig wees
Verskillende aktiwiteite sal in die gemeenskapsaal kan plaasvind.
‘n Nuwe gemeenskapsaal is onlangs amptelik by ESDA Aftree-oord geopen.
Martie de Villiers, voorsitter van die Springs-tak van Solidariteit Helpende Hand, het die opening waargeneem.
Die saal sal gebruik word vir oord-aktiwiteite soos Bingo, Kado’tjie, verjaarsdagvieringe en oefeninge. Christelike byeenkomste is ook in die beplanning.
‘n Kerssangdiens sal die eerste funksie wees wat aangebied sal word.
Die koste vir die ontwikkeling van die saal is gesamentlik gedra deur die Northern Conference Development Trust (NCDT), wat die beheerliggaam van die oord is, die bestuurskomitee en die ontspanningskomitee.
Die opening is onder andere deur Hano Bekker en Colette Moonsammy van die NCDT bygewoon.
Die oord bestaan uit 85 huise en nege woonstelle.



