Local newsNews

Wen R1 000 met jou foto

Die laaste uitgawe van die Springs Advertiser vir 2022 verskyn op 15 Desember en ons gee vir die publiek die geleentheid om vir ons ‘n gepaste foto vir die voorblad te neem.

Die laaste uitgawe van die Springs Advertiser vir 2022 verskyn op 15 Desember en ons gee vir die publiek die geleentheid om vir ons ‘n gepaste foto vir die voorblad te neem.

Daar is ook ‘n lekker prys op die spel vir die wenfoto.

Vanjaar sal die persoon wat die beste foto ingestuur het ‘n koopbewys ter waarde R1 000 van Pick n Pay Strubenvale ontvang.

Dit is maklik om in te skryf.

Neem net die volgende in ag voordat jy jou foto instuur:
• ’n Foto sal slegs oorweeg word indien dit ’n Kersfeestema het en daar moet ten minste een persoon in die foto wees.

• Die foto moet in JPEG formaat wees en nie digitaal gemanipuleerd wees nie.

• Foto’s moet ook ten minste 1MB groot wees.

• Foto’s mag nie ouer as ’n maand wees nie (dus sal verlede jaar se Kersfeesfoto’s nie werk nie). Die volgende inligting moet saam met die foto ingestuur word:

• Name, vanne en ouderdomme van al die persone in die foto.

• ’n Kort beskrywing van die foto, insluitend waar en wanneer dit geneem is.

• Naam, van en kontaknommer van die fotograaf. Indien enige van hierdie inligting ontbreek sal foto’s nie in ag geneem word nie.

Foto’s kan per e-pos gestuur word na thelma@caxton.co.za

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 8 Desember, om 09:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button