Laerskool P.A.M. Brink stel nuwe stelsel vir klasgee in werking
Klasgee by die skool is nou op 'n nuwe vlak.
Laerskool P.A.M. Brink het ‘n nuwe stelsel in werking gestel wat klasse heeltemal digitaal maak.
Met hierdie stelsel is dit makliker om digitale handboeke te gebruik. Lesplanne word sentraal gestoor, waar onderwysers onmiddellik daartoe toegang kan kry.
Onderwysers kan selfs lesse en materiaal met mekaar deel sonder dat hulle na ‘n ander klaskamer hoef te stap.
Dit word op die sentrale databasis geplaas, wat verbind is met ‘n kabel netwerk om meer sekuriteit te bied.
Daarna word ander onderwysers van die hulpbron in kennis gestel, wat hulle dan toelaat om dit van die databasis af te laai.
Volgens die adjunkhoof, Nico Jordaan, is dit een van die eerste stelsels van hierdie soort by ‘n laerskool in die Oos-Rand.
LEES OOK: Pay up or face the consequences
Die stelsel, met ekstra kameras wat die skool beoog om in te faseer teen die tweede kwartaal, laat onderwysers toe om klas te gee vir twee tot drie klasse op dieselfde tyd.
Die kantoor kan onmiddellik enige inligting na ‘n onderwyser stuur, sonder dat ‘n interkom of gedrukte memorandum nodig is.
Die skoolhoof kan selfs ‘n video opneem en na al die klasse stuur om aankondigings te maak.
Alle onderwysers moes opleiding ontvang om die stelsel te gebruik en van die jongeres is so vaardig dat hulle die stelsel gebruik om webtuistes soos ’10 second interactive’ te besoek.
Dié word elke 10 sekondes opgedateer met nuwe inligting oor natuurrampe van regoor die wêreld. Onderwysers gebruik dit om in natuurwetenskappe leerders van natuurrampe te leer.
Administratiewe inligting is ook sentraal beskikbaar en onderwysers hoef net by die kantoor se databasis in te gaan om kloktye en ander admin te sien.
LEES OOK: Ma dink sy kry een kind, toe is dit ‘n tweeling
Huidig is die stelsel in sy tweede week van gebruik en word dit nog getoets soos wat die tyd vorder.
André van den Berg, die beheerliggaam voorsitter wat grootliks betrokke was by die ontwerp en bou van hierdie stelsel, sê: “Klasgee is nou op ‘n nuwe vlak. Alles is digitaal, die stelsel knip voorbereidingstyd in die helfte en dit sal ons beter voorberei vir situasies wat die toekoms mag inhou.
Die stelsel sal toelaat dat onderwysers klasse kan ‘n lewendige uitsending (livestream) kan doen na studente wat van die huis af moet werk sodat lesse nie herhaal hoef te word as leerders in groepe moet afwissel nie.
Voorheen is lesse via WhatsApp aan ouers gekommunikeer, wat dit baie moeilik gemaak het vir kinders om effektief te leer.
Hierdie nuwe stelsel sal onderwysers toelaat om meer effektief klas te gee, selfs al is dit afstandsonderrig.




