Local newsNewsSport

Springs Rugbyklub vier 100 jaar van top gehalte rugby

Springs Rugbyklub wil voortbou op goeie vertonings.

Die Springs Rugbyklub het reeds volstoom begin oefen vir die strawwe seisoen wat voorlê.

Vanjaar sal daar egter nie net hard gewerk word op die veld nie, maar is daar ook groot opgewondenheid oor die klub wat sy 100ste bestaansjaar vier.

Die klubbestuur is druk besig om dié besondere mylpaal deur die loop van die jaar te vier.

Daar is reeds ‘n rugbydag op die kalender, wat op 25 Februarie by die klub gaan plaasvind.

Daar word ook beoog om die klub se spesiale verjaarsdag met elke tuiswedstryd op een of ander wyse te vier.

Die eerste vriendskaplike wedstryd vind Saterdag plaas, wanneer die klub teen Khoza Rugbyklub van Krugersdorp op Olympia Park in Springs gaan speel.

Die klub gaan ook vanjaar ‘n eerste-, tweede- en o21 spannne in die ligas inskryf.

In 2022 het Springs onoorwonne gebly en is as Peregrine liga-kampioene gekroon.

“Die uitkoms van spelers wat vanjaar plekke in die verskeie spanne wil speel was sovêr baie goed,” het afrigter

Ockert Brits, hoofafrigter van die klub, gesê.

“Ons wil groot gaan vanjaar en wil verseker die titel verdedig in ons 100ste bestaansjaar,” het die voorsitter van die klub, Paul Charlton, gesê.

Spelers wat by die klub wil aansluit kan vir Charlton by 083 449 8150 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button