Local newsNewsSport

Rolbalspelers sê mekaar die stryd aan

Edenvale Rolbalklub is triomfanklik na pare kompetisie.

HEIDELBERG – Die Heidelberg Rolbalklub het op Januarie 29 gasheer gespeel vir die Ekurhuleni gemengde pare kompetisie.

Spanne van regoor Ekurhuleni het aan die toernooi deelgeneem.

Die goue medalje wenners, na die afloop van die toernooi, was die gedugte span van Edenvale.

Edenvale het 18-8 voorgeloop na 14 koppe, toe spel weens gure weer afgelas was.

Jenny Jones en Greg Burns het van meet af die krane oop gedraai en gewys waarom hulle so hoog aangeslaan was.

Die tweede plek en silwer medalje het gegaan aan Delville (Germiston) met Nina Maasburg en Gerhard Duvenhage. Die brons medalje was deur Kempton Park en Reading gedeel.

Die spanne wat aan die kwart eindrondte deelgeneem het was Brackenhurst, Kempton Park, Reading, Delville (Germiston), Benoni en Edenvale.

Ander spanne wat aan die toernooi deelgeneem het, maar nie na die kwarteindrondte deurgedring het nie, was Atlas, Modderfontein, Alberton, Lake Klub, Springs, Northmead, Boksburg en Heidelberg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button