Local newsNews

Laerskool Jan van Riebeeck bied gholfdag aan

R20 000 is op die spel vir 'n fortuinhou.

Die Laerskool Jan van Riebeeck bied op 10 Maart ’n gholfdag aan, met ‘n bevestigde kontantprys van R20 000 vir ‘n fortuinhou (hole in one).

Die gholfdag, wat by die Pollak Park Gholfklub aangebied word, dien as ‘n fondsinsameling vir die skool.

Die afslaantyd is om 10:00.


LEES OOK: SPCA’s first night run of the year a success


“Jeanette Jacobs gaan as seremoniemeester optree en die orkes Vrede gaan vir die musiek sorg,” het die organiseerder Nicole Eksteen gesê.

Die inskrywingsfooi vir ‘n vierbal is R1 600 wat aandete insluit. Huur vir gholfkarretjies is uitgesluit.

Vir meer inligting of om in te skryf kan Nico de Nysschen by 083 256 2125 of Jeani Geldenheys by 076 726 1707 gekontak word.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button