Local newsNews

Hugenote breek grond vir nuwe Astro Turf-hokkieveld

Die skool hoop dat die gemeenskap ook by die projek sal baat vind.

Die eerste grond is Maandagoggend by die Hoërskool Hugenote vir die skool se nuwe Astro Turf-hokkieveld gespit.

Die nuwe projek is volgens adjunkhoof, Frina du Toit die begin van ‘n projek wat nie net vir die skool nie, maar vir die hele gemeenskap ‘n bate gaan wees.

“Ons hoop om dit teen die einde van die vierde kwartaal te voltooi sodat ons aan die begin van die eerste kwartaal volgende jaar die baan in gebruik kan neem,” het sy gesê.

Die nuwe veld gaan deur die Trompie Groep gebou word, en dit sal een van baie min Astro Turf-velde in die provinsie wees.


LEES OOK: WATCH: Rus n Bietjie back in full swing


Die hoof van Hugenote, Frans Styger, het die geleentheid geopen met die volgende woorde: “Ek dink ons is almal baie opgewonde oor wat van nou af gaan gebeur.”

Gunte Kommer, die voorsitter van die beheerliggaam, het ook ‘n spreekbeurt gehad.

“Ek kan nie Hugenote verlaat as hier nie ‘n Astro-baan is nie. As Hugenote ‘n Astro-baan kry kan dit net vorentoe gaan van hier af,” het hy gesê.

Ds Pierre Roets het die geleentheid geseën met gebed en gesê om ‘n leier te wees vat waagmoed, en “julle (die eregaste) het die moed gehad”.


Al die eregaste voor die stootskraper wat die veld voorberei het vir die konstruksie van die nuwe Astro Turf-baan.

Pieter van der Walt, die hokkie direkteur vir Hugenote, het die eerste grond gebreek. Pieter droom al 12 jaar oor ‘n Astro Turf-veld en het hard gewerk om dinge in werking te stel.

“Ons hele idee is ook om die gemeenskap te betrek.

“Ons wil hokkie bevorder, en Springs asook die Oos-Rand gaan hierby baat. Gauteng is die enigste provinsie wat provinsiale ligas nog op gras speel,” het hy vertel.

Wanneer die baan voltooi is, hoop die skool om die gemeenskap toegang te bied en onder ander hokkie klinieke vir laerskole aan te bied.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button