Local newsNews

REVUE 2023 is terug

Daar is ook ‘n kategorie vir Laerskole (juniors) geskep om kleuterskole en jonger kinders ook die geleentheid te bied om deel te neem.

Lefra Produksies se Nasionale Revue Kompetisie is vanjaar terug by Carnival City.

“Ons is volstoom terug en gaan beslis een van die lekkerste revue feeste in die land aanbied,” het Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies en organiseerders van REVUE 2023 gesê.

Hierdie nasionale revue kompetisie word vanaf 4 tot 19 September by Carnival City aangebied. Sue Pyler-Slabbert radio- en TV persoonlikheid, sal die aanbieder wees.

Swart sê hy is opgewonde dat REVUE 2023 op VIA (Kanaal 147 op DSTV) uitgesaai gaan word.

Lefra se nasionale revue kompetisie het in 2016 die lig gesien en het jaar tot jaar gegroei tot een van die grootste revue kompetisies in die land.

“Hier skuur revues skouer met revues van regoor die land, word deur van die beste mense in die vermaaklikheidsbedryf beoordeel, kry wonderlike raad, maak vriende, leer van mekaar en sorg vir lekker pret en plesier by Carnival City,” het Swart verduidelik.

Daar is ook ‘n kategorie vir laerskole (juniors) geskep om kleuterskole en jonger kinders ook die geleentheid te bied om aan REVUE 2023 deel te neem.

Skole kan inskryf in die kategorieë van laerskole (juniors), laerskole (seniors) en hoërskole.

Die datums wanneer dit gaan plaasvind is 4-8 September (hoërskole), 11-15 September (laerskole) en 19 September (finale gala aand).

Skole kan nou aanlyn die nodige inligting by www.revues.co.za bekom of skakel vir Monica Booysen by 011 815 3000.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button