Pa en seun vat die pad na Durban met ‘n Morris
Die twee het verskeie doelwitte om te bereik met hierdie rit.
Twee lidmate van die Hervormde Kerk Springs-Oos gaan binnekort ‘n spesiale rit na KwaZulu-Natal aanpak.
Tienie en Barend Engelbrecht vertrek op 28 Augustus om die rit, wat driedoelig is, af te lê.
Hulle vertrek op Tienie se verjaarsdag, en beplan om die pad te vat met sy 1958 Morris Minor.
Wat eitlik begin het as ‘n afskeidsrit ter herdenking aan Tienie se vrou wat oorlede is, is nou veel meer, want Tienie en Barend ry ook namens die gemeente om ‘n boodskap oor te dra aan die Hervormde Kerk Durban-Suid.
Hierdie gemeente bestaan al 65 jaar, en is toevallig in die jaar 1958 gestig; dieselfde jaar wat die Morris vervaardig is.
Also read: Springs Photo Club July winners
Die Hervormde Kerk Springs-Oos stuur saam Tienie en Barend vir die gemeente ‘n boodskap van geluk en groete, wat op 3 September oorhandig sal word.
Dit is ‘n dag na die gemeente se Fonteine Lente Skou.
Die Springs-Oos gemeente verjaar ook op 9 September, op die dag wat Tienie en Barend terugkeer van hul reis.
Die rit is wel drievormig, aangesien dit ook ‘n fondsinsameling geleëntheid is vir ‘n Diaken-projek van die kerk.
Die pa en seun hoop om borge te kry per kilometer wat hulle ry; ongeveer 640 km.
Also read: Springs paddler takes podium at Gauteng Marathon champs
Hierdie geld gaan deur die Diaken- en Hervormde Ruiters Motorfietsklub, wat deel van die gemeente is, gebruik word om kos aan te skaf.
Hierdie voedsel gaan op 2 Desember aan minderbevoorregte gemeenskapslede uitgedeel word.
Die rit lê vir Tienie en Barend baie na aan die hart en hulle hoop om ‘n sukses daarvan te maak, ten goede va die Springs-Oos gemeente.
Diegene wat die rit wil borg kan vir Hermien Visser by 082 953 1224 skakel.




