Fonteine skou verwelkom die lente
Die Hervormde Kerk Springs Oos beplan om groot te gaan.
Inwoners kan solank vere regskud vir die Springs Fonteine Lente Skou wat op 1 en 2 September op die Hoër Tegniese Skool se sportgronde gaan plaasvind.
Die skou, wat deur die Hervormde Kerk Springs-Oos aangebied word, is ‘n geleëntheid vir die gemeenskap om die begin van lente te vier.
Verskeie kunstenaars en orkeste gaan optree, met onder andere Elandré, West, Henri Alant en Sharoney.
Daar sal ook ‘n teetuin wees met die gasspreker Louw Breytenbach, twee boek bekendstellings deur Felicia Snyman du Toit en Anne-Marie Burger, asook ‘n modeparade.
Twee model kompetisies gaan ook plaasvind.
Vir die kleuters en jonger kinders is daar die Lente Prins en Prinses kompetisie, en vir die ouer groep is daar Mnr en Mej Fonteine, met ‘n Barbie tema.
Also read: Stiefkinders maak my lewe hel! Wenke vir stiefouers
Daar gaan allerlei heerlike kos wees, soos onder andere pap en kaaiings, sowel as ‘n speelterrein vir die kinders.
Verskeie skole gaan vermaak bied met ‘flash mobs’ en revue optredes.
Die Voortrekkers gaan ook optree en van die skole het reeds aangedui dat hulle stalletjies sal beman.
‘n ‘VIP’ losie is beskikbaar vir besighede, waar persone in die gemak en bederf van die losie die voor- en hoofvertonings kan geniet.
Besighede is welkom om teen ‘n tarief uit te stal en individue kan stalletjies bespreek.
Vir navrae oor stalletjies, die mode kompetisies of losies kan Yvette Botha geskakel word by 079 519 6688.



