Local newsNews

Fonteinte Lenteskou lei die lente in

Daar was vermaak vir elke mens oor die twee dae.

Die Fonteine Lenteskou Fees het die afgelope naweek plaasgevind.

Buiten heerlike kos en ‘n gesellige atmosfeer was daar oor die twee dae talle aktiwiteite en vele stalletjies wat besoek kon word.

AfriForum, Solidariteit Helpende Hand, die DBV, asook ‘n paar ander organisasies het onder die uitstallers getel.

Die hoogtepunte van die fees was die kunstenaars wat feesgangers vermaak het. Dié het onder andere Elandré, West, Sharoney, en Henri Alant ingesluit.

‘n Groep van Hoërskool die Anker het feesgangers vermaak met ‘n ‘flash mob’ voordat Laerskool Jan Van Riebeeck ‘n gedeelte van hulle revue opgevoer het.

Daar was ook ‘n optrede deur ‘n dansskool, modeparades en ‘n paar boekbekendstellings.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button