Die organiseerders van die mark, Johan Steyn en Morné Wright. Foto: Thelma Koorts
Talle inwoners van Brakpan en naburige dorpe het Saterdag ‘n nagmark met ’n Halloween-tema wat by Cosy Corner in Brenthurst aangebied is bygewoon.
Die mark was ten bate van Paws 4 U, ’n organisasie wat terapiehonde na hospitale, ouetehuise, skole en tehuise neem. Besoekers, waarvan baie in spookagtige kostuums geklee was, kon na hartelus by die verskeie stalletjies rondsnuffel.
Goeie musiek en ’n gesellige atmosfeer het vir ’n genotvolle aand gesorg.
Eugene, Seth (5) en Dominique van der Watt van Springs het gesorg dat hulle by die tema van die mark pas. Foto: Thelma Koorts
Een van die stalletjiehouers, Anneke Batt van Springs. Foto: Thelma Koorts
Stalletjiehouers het gesorg dat die Halloween-tema mooi ingewerk is. Foto: Thelma Koorts
Abigail Prinsloo (6) van Dalview het die nagmark saam met haar gesinslede bygewoon. Foto: Thelma Koorts
Andries Bezuidenhout van Springs het gesorg dat sy kostuum die oog vang. By hom staan Martie de Villiers, ook ’n inwoner van Springs.
Shirley Blake van Brakpan-Sentraal en Louwrinda en Dewald Steyn van Brenthurst was perfek geklee vir die geleentheid. Foto: Thelma Koorts
Ilana (19) en haar broer, Eben van Heerden (11), van Springs het goed by die tema ingepas.
Vrywilligers van Paws 4 U was ook teenwoordig en die publiek het die geleentheid gehad om interaksie kon hê met die terapiehonde wat deur die organisasie gebruik word. Hier is Sandy Grammum saam met Amber, wat ’n waentjie getrek het, tot groot vermaak van almal. Foto: Thelma Koorts
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.