Local newsNews

Is jy ‘n Bok-ondersteuner? Wen ‘n R1000!

Jy kan 'n koopbewys ter waarde van R1000 van Pick n Pay Springs Gate wen.

Rugbykoors loop hoog met die 2023 Rugbywêreldbekertoernooi wat vandag (Vrydag) in Frankryk afskop.

Die Springbokke sal hul titel verdedig en kom Sondag in hul eerste kragmeting teen Skotland te staan.
Is jy ‘n ondersteuner van die Springbokke?

Bewys dit deur vir ons ‘n foto te stuur en jy kan moontlik ‘n koopbewys ter waarde van R1000 van Pick n Pay Springs Gate wen.

Dit is hoe jy inskryf:
Stuur vir ons ‘n foto wat wys dat jy ‘n geesdriftige Bok-ondersteuner is.

Die foto kan by ‘n vorige wedstryd of geleentheid geneem gewees het, maar mag nie ouer as ses maande wees nie.

Dit kan ook nou, tydens die afloop van die 2023 Rugbywêreldbekertoernooi geneem word, waar jy die Bokke se wedstryd op televisie, by jou huis of by ‘n kuierplek volg.

Daar kan meer as een persoon in die foto verskyn maar die persoon wat die foto inskryf sal die prys ontvang.

Name en vanne van almal in die foto moet aangedui word asook inligting oor waar en wanneer die foto geneem is.

Daar is geen ouderdomsbeperking nie. Of jy nou ‘n gesoute ondersteuner is of jou baba of kleuter wil inskryf, dit sal werk.

Let op die volgende:
• Ons sal inskrywings ontvang solank die Bokke nog in die stryd is. (Hopelik haal die Springbokke die eindstryd en wen maar indien hulle uitval sal die kompetisie outomaties sluit).

• Die wenfoto (en moontlik ook van die ander inskrywings) kan in die Advertiser gepubliseer word.

• Die wenner sal ook telefonies gekontak word.

• Die kompetisie is slegs vir inwoners van Springs.

• Meld ‘n kontaknommer in die e-pos.

• Inskrywings kan gestuur word na thelma@caxton.co.za

• Meld die woorde Go Bokke in die onderwerp kassie.

• Die koopbewys kan nie vir kontant omgeruil word nie.



LEES OOK: Tattoo thrills audience

LEES OOK: Epilepsy Geduld appoints new board member

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button