VLU Carpe Diem-tak woeker voort
Die Vroue Landbou-unie sal vooraan net as die VLU bekend staan.
Die VLU Carpe Diem-tak het verlede Woensdagmiddag in die AGS Fonteinedal Kerksaal vergader. Na die afkondigings is lede ingelig oor die voordele van ‘n chiropraktisyn, oftewel ‘n ‘ruk-en-pluk-dokter’.
Lede het punte vir hul artikels gemaak gedurende die maand ontvang, en die wenners was:
Gebak: Bettie Bezuidenhout met ‘n marmerkoek wat 79% behaal het.
Eetgoed afdeling: Bettie Bezuidenhout het met haar tuna patee 70% gekry.
Gehekel vir die kongres: Sankie Jordaan het 75% ontvang vir haar inkopiesak.
Fotografie-afdeling vir kongres: Ericha Bezuidenhout het ‘n weerkaatsing op water afgeneem waarvoor sy 84% ontvang het.
Blomme afdeling: Wilna Evans se vetplant-rangskikking het 84% gekry.
Naaldwerk afdeling: Mariette van der Merwe se moderne bloes het 80% ontvang.
Pottebakery: Ericha Bezuidenhout het met 76% die afdeling gewen.
Ope afdeling: Lettie Kruger het die afdeling gewen met haar Japanese Kersfeesornamente, waarvoor sy 86% ontvang het.
Daar is onder meer terugvoering gegee oor die onlangse VLU kongres, waar Carpe Diem ‘n vierde plek in die streek behaal het.
Tydens die kongres is die veranderinge aan die VLU grondwet aangekondig, waar dit verklaar is dat die VLU nie meer as die Vroue Landbou-unie bekend sal staan nie, maar slegs as die VLU.
Die vaandel vir die organisasie is ook besig om verander te word om by die nuwe handelsmerk te pas en weg te beweeg van die landbou aspek van hul identiteit.
Barbara Nell is weer as president vir die Overvaal streek verkies, en Nina Nel as vise-president. Die volgende paar weke gaan ‘n besige tyd wees by die Carpe Diem-tak.
Daar is ‘n blomme rangskikking demonstrasie in Glen Marais op 29 September.
‘n Overvaal streeksvergadering word op 6 Oktober by die NG Kerk Nigel gehou vir bestuur en voorsitters, sowel as skakelbeamptes en kompetisiebeamptes. Die Carpe Diem-tak gaan hierdie vergadering met eetgoed, tee en koffie voorsien.
‘n Inligtingoggend word vir 20 Oktober in Benoni beplan om lede in te lig oor kompetisiereëls en kwalifikasies vir die konferensie.
Die Goudrifstreek bied op 24 Oktober ‘n kekkel-en-klets oggend in Pretoria aan, waar lede van takke regoor die Goudrifstreek mekaar kan leer ken.
Lede kan ook op 1 November ‘n inligtingoggend oor volgende jaar se kongres in Pretoria bywoon.
Die Carpe Diem tak vergader elke tweede Woensdag van die maand om 14:00. Belangstellendes kan die voorsitter Sankie Jordaan vir meer inligting by 082 922 9712 kontak.




