Local news

Wen dubbelkaartjies om Hannon in Springs te sien

Vier lesers van die Springs Advertiser kan elk ’n dubbelkaartjie na die geleentheid wen.

Die bekende Glam Guru, Hannon Bothma kuier op 24 Oktober by die Stable Inn-konferensiesentrum in Springs.

Die geleentheid beloof ’n heerlike kuierervaring, met ’n ligte ete ingesluit.

Vier lesers van die Springs Advertiser kan elk ’n dubbelkaartjie na die geleentheid wen, wat om 10:00 begin.

Al wat jy hoef te doen, is om ’n e-pos aan rinad@caxton.co.za te stuur en in een sin te verduidelik waarom jy graag die kaartjies wil wen.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 20 Oktober om 09:00. Maak seker dat jy ook jou naam, adres en kontaknommer verskaf.

Wenners sal telefonies gekontak word, waarna reëlings getref sal word om die kaartjies aan hulle te besorg. Indien ‘n persoon nie telefonies bereik kan word nie sal ‘n volgende wenner getrek word.

Die kaartjies kan nie vir kontant omgeruil word nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button