Local newsNews

Inbrekers berokken groot skade by Ons Winkel

Die inbrekers het met kontant en vele ander items op die vlug geslaan.

Solidariteit Helpende Hand Ons Winkel, op die hoek van 3de Straat en 9de geleë, was Dinsdagnag die teiken van inbrekers.

Die verwoeste voordeur is die Woensdagoggend (20 September) ontdek deur ‘n familielid van een van die winkel se werkers, waarna die persoon vir Johan Fourie, die eienaar van die Ons Winkel, gekontak het.

Die winkel self was ‘n toneel van verwoesting; van die gebreekte glas voordeur na die kassier-toonbank wat leeg gestroop is, tot die verbrokkelde muur waar die diewe die kontant kluis vermoedelik met ‘n swaar hammer oopgebreek het.

Klere en skoene is van die rakke af gesteel, asook ‘n Echo TV skerm ter waarde van R2 000 uit die kantoor.


LEES OOK: Springs Central Fire Station building in need of some TLC


Johan Fourie het verduidelik dat daar twee weke gelede op die sekuriteit kamerastelsel opgemerk is dat ‘n man wat die winkel was, vier keer by die kantoor ingesluip het terwyl Henriette Scott elders in die winkel besig.

Dié persoon het vermoedelik ‘n skootrekenaar uit die kantoor gesteel. Die vermoede is dat die persoon moontlik betrokke kan wees by die inbraak.

Op die aand van die inbraak was die kameras ongelukkig afgeskakel, terwyl Johan besig was om die vloer in die kantoor oor te doen.

Die Springs SAPS is besig met ‘n ondersoek.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button