50 jaar reünie by Laerskool Jan van Riebeeck gehou
Die oud-skoliere het die dag geniet.
Die 1973 klas van die Laerskool Jan van Riebeeck het op 30 September in Springs bymekaargekom om die 50 jaar te herdenk wat verloop het sedert hulle die laerskool verlaat het.
Marius Britz het verduidelik die oud-skoliere het vanoor die hele land, so ver as Kaapstad, Sedgefield en Griekwastad, gereis om die besonderse reünie by te woon.
“Dit was asof ‘n halfeeu binne minute verdwyn het toe daar heerlik gekuier, gelag en onthou-jy-nogs gedeel is,” het Britz gesê.
‘n Besondere voorreg was dat Ansie Taljaard, die Graad Een onderwyseres van 1967, ook teenwoordig was, en kon deel in die geleentheid.
“Springs het vir almal goeie herinneringe teruggebring, en ‘n besef dat dit ‘n groot voorreg was om daar jou kinderjare deur te bring.”
Die oud-skoliere was veral beïndruk met die netheid van die Pietersfield- en Rowhill woonbuurte asook die skoolterrein van Laerskool Jan van Riebeeck.
“Springs bly ‘n hawe vir ons elkeen se harte,” het Britz gesê.
ALSO CHECK: Shavathon Twenty-One rocks Springs Mall
ALSO CHECK: Springs Retirment Village hosts Mardi Gras



