Local newsNews

Jy kan steeds wen met jou Bok-foto

Die wenner sal R1 000 by Pick n Pay kan gaan spandeer.

Saterdag se semi-finaal tussen die Springbokke en Engeland op die Stade de France was ‘n rillerstryd. Die Engelse het alles in die stryd gewerp om die Springbokke se Wêreldbeker-droom in die wiele te ry maar die Bokke het terugbaklei en die wedstryd met 16-15 gewen.

Nou wag die groot eindstryd Saterdag wanneer die wêreld se nommer een en twee spanne mekaar die stryd aansê om te bepaal wie die gesogte Web Ellis trofee omhoog sal hou.

Gaan dit die Bokke wees of gaan dit New Zealand wees?

Uit die aard van die saak is dit fantastiese nuus vir elke Bok-ondersteuner maar ook vir inwoners van die dorp wat nog steeds ‘n kans staan om ‘n koop bewys ter waarde van R1000 van Pick n Pay Springs Gate te wen.

Dit is maklik om in te skryf:
Stuur vir ons ‘n foto wat wys dat jy ‘n stoere Bok-ondersteuner is. Die foto kan by ‘n vorige wedstryd of geleentheid geneem gewees het, maar mag nie ouer as ses maande wees nie.

Dit kan ook tydens die Bokke se kragmeting teen New Zealand geneem word, waar jy die wedstryd op televisie, by jou huis of by ‘n kuierplek, volg.


ALSO READ: More than 500 underground miners refusing to resurface


Daar kan meer as een persoon in die foto verskyn maar die persoon wat die foto inskryf sal die prys ontvang.

Name en vanne van almal in die foto moet aangedui word asook inligting oor waar en wanneer die foto geneem is.

Daar is geen ouderdomsbeperking nie. Of jy nou ‘n gesoute ondersteuner is of jou baba of kleuter wil inskryf, dit sal werk.

Let op die volgende:
• Die sluitingsdatum vir die kompetisie sal is 30 Oktober om 09:00
• Die wenfoto (en moontlik ook van die ander inskrywings) kan in die Springs Advertiser gepubliseer word.
• Die wenner sal ook telefonies gekontak word.
• Die kompetisie is slegs vir inwoners van Springs.
• Meld ‘n kontaknommer in die e-pos.
• Inskrywings kan gestuur word na thelma@caxton.co.za
• Meld die woorde Go Bokke in die onderwerp kassie.
• Die waarde van die koopbewys is R1 000 en dit kan nie vir kontant omgeruil word nie.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button