Local newsNews

Jannies dans die verhoog aan die brand

Die skool het in die kompetisieveld inbeweeg met hul revue vertoning, 'n eerste vir hulle.

Die Laerskool Jan van Riebeeck het vir die eerste keer in hul geskiedenis ‘n revue kompetisiegroep op die planke gebring.

Die revue, genaamd Just Dance, het regdeur Augustus en September aan kompetisies deelgeneem.

Die kompetisies was Kaleideoscope, ‘n nasionale revue kompetisie, die Tshwane Youth Arts Festival, en die nasionale kampioenskappe van die Suid-Afrikaanse kampioenskappe van die uitvoerende kunste (SACOPA).

“Ons revue spreek presies dit wat ons doen, en dit is, net dans,” sê Erika Duvenhage, die afrigter vir die revue.

“Van die nuutste musiek tendense en danse, ‘rock’ ons Jannies die verhoë van Gauteng!”




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button