Die foto van ‘n gesin van Selcourt is uit vele inskrywings gekies as die wenfoto van die Springs Advertiser se Bok fotokompetisie. Craig Hurley en Michelle Reed is saam met hul baba Aiden (ses weke) en Joshua (12) en Noah (8). Die gesin het die Bokke al die pad ondersteun. Hulle het ‘n R1000 koopbewys van Pick n Pay, Springs Gate ontvang.