Local newsNews

Ons Winkel loop weer deur onder inbrekers

Die winkel het die aand voor die inbraak 'n toekenning vir beste vordering ontvang, etlike ure voordat drie mans die slotte oopgebreek het.

Slegs etlike ure nadat Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel in Springs ’n toekenning ontvang het van Solidariteit is daar vir die tweede keer vanjaar by die winkel in Geduld ingebreek.

Ons Winkel het ‘n toekenning ontvang vir die winkel wat die beste vordering gemaak het.

Die alarm het 2:38 afgegaan nadat die drie inbrekers die slotte van die hek en deur afgebreek het om toegang tot die winkel te verkry.

Hendriette Scott, wat in die huis agter die winkel bly en die winkel bestuur, het die winkeleienaar Johan Fourie geskakel om hom te laat weet van die inbraak.

Johan was by Solidariteit Helpende Hand se prysuitdeling toe hy die nuus ontvang het. Hy het hom na die winkel gehaas.


Twee sertifikate wat Ons Winkel, Springs ontvang is by die prysuitdeling die aand tydens die inbraak.

Die drie booswigte, wat gesien kon word op die sekuriteitskameras, het weggekom met ‘n rekenaartoring, klere, ‘n koordlose boor en twee klankversterkers.

Die Advertiser het ook in September berig oor ’n inbraak by Ons Winkel (Inbrekers berokke groot skade by Ons Winkel).

Tydens dié inbraak is daar ’n groot bedrag kontant uit die kluis gesteel asook verskeie ander items in die winkel wat die totale waarde van die skade op nagenoeg R50 000 te staan laat kom het.

Veiligheidsmaatreëls is juis opgeskerp na die inbraak.

“Dis sleg dat hulle by ‘n liefdadigheidswinkel sal inbreek, van alle plekke,” het Hendriette gesê.

Die skade aan die deur is intussen ook herstel. Die voorval word deur die SAPD ondersoek.


LEES OOK: Veteran bowler Kritzinger to lead Gauteng Bowls

LEES OOK: Good tidings for Springs Retirement Village




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button