Dubbeldoor vyf generasies vir familie
Die familie het onlangs vir die eerste keer as 'n vyf-generasie familie saam gekuier.
Om ‘n ouma of oupa in jou lewe te hê is ‘n seën wat nie vir almal beskore is nie, maar klein Zain van New State Area is geseënd met ‘n hele rits oumas en oupas wat gereed staan om hom te bederf.
Zain Jayden Buks Seaward is op 4 Februarie gebore wat hom die vyfde generasie aan beide sy ma Leanette en pa Jayden se kant van die familie maak.
Uit die aard van die saak moes hulle ‘n plan maak om hierdie geskiedkundige dag te vier en die familie het onlangs onder een dak bymekaar gekom as dubbeldoor vyf generasies.
Zain se groot-oumagrootjie, Johanna Bekker (75) het 19 kleinkinders, 24 agterkleinkinders en een agter-agterkleinkind.

Sy ouma grootjie Johanna Viljoen (57) het vier kleinkinders en een agterkleinkind.
Zain se ander groot-oumagrootjie, Emma Jarratt (79) het tans drie kleinkinders, agt agterkleinkinders en drie agter-agterkleinkinders.
Sy ander ouma grootjie het agt kleinkinders en drie agterkleinkinders. Die familie beklemtoon hoe belangrik dit is om vir mekaar tyd te maak en om saam as familie te lag.
Hulle meen gesinne wat saam lag ondersteun mekaar ook in moeilike tye.
ALSO CHECK: Cop shoots suspected burglar
ALSO CHECK: Moody’s downgrades City of Ekurhuleni




