Local newsNews

Eerste bokstoenooi vir 2024

Die Bert Collins Boksklub het slegs een bokser in die kruit gehad tydens Saterdag se toernooi.

Die Bert Collins Boksklub het Saterdag ‘n tuis bokstoernooi aangebied met boksers van verskillende klubs.

Dit was die eerste toernooi wat vanjaar deur die klub aangebied is. Die boksers het alles in die stryd gewerp om hul vaardighede en talent na vore te bring.

Raphael Gordon was die enigste lid van Bert Collins Klub wat aan die toernooi kon deelneem en as gevolg van ‘n tekort aan opponente moes die res van die lede hierdie toernooi uitsit.

Die 17-jarige Gordon het sy teenstander binne die eerste minuut gestuit met ‘n RSC (ref stop contest). Afrigter en voorsitter van die klub Jeanette Dyzel is tevrede met die afloop an die toernooi.

“Ek is baie trots op Raphael. Ek sou net graag wou gehad het dat hy sy volle drie rondtes boks en sy opponent kans kon gee om meer ervaring te kry,” het sy gesê.

Die volgende toernooi wat by die Bert Collins Klub aangebied word sal op 13 April plaasvind.


Related Articles

 
Back to top button