Local newsNews

Boksers wys staal in toernooi

Drie Bert Collins boksers het met die wentitels weggestap.

Drie boksers van die Bert Collins Boksklub het onlangs goed gevaar by die Iron Eagles bokstoernooi wat by die klub aangebied is.

Raul Gordon het in die 39kg gewigsafdeling deelgeneem.

Hy kon daarin slaag om al drie die rondtes van sy geveg te wen en is as algehele wenner in dié geveg aangekondig.

Volgende aan die beurt was Jacobus Jonker wat in die 63kg gewigafdeling geboks het.


LEES OOK: Kleuters dra by tot gemeenskapsprojek


In al drie rondtes het hy hard geveg en gewen. Jacobus het nie net as wenner uit die stryd getree nie maar het ook die trofee ontvang vir die beste bokser van dié toernooi.

Laastens het Manny Nel op sy beurt in die 75kg gewigsklas sy staal gewys.

Hy kon daarin slaag om al drie rondtes te wen en is aangewys as die algehele wenner in dié geveg.

Afrigters Jeanette Dyzel en Minnet Dicks het hul tevredenheid met die prestasie en dissipline wat die boksers in die ring getoon het beklemtoon.


LEES OOK: SARS 2024 Employer Filing Season closes end of May

Related Articles

 
Back to top button