Local newsNews

Kanker kry tiener nie onder nie

Die dokters meen daar is niks meer wat hulle vir haar kan doen nie.

Die 16-jarige Delarize Stevenson van Strubenvale laat nie toe dat ‘n seldsame kanker haar onderkry nie.

Sy kies om nie op die aggressiewe gewas, wat tans in die bekken voorkom, te fokus nie maar om liewer positief te bly.

Die Springs Advertiser het in 2022 oor Delarize berig, kort nadat sy met fase drie osteosarkoom gediagnoseer is.

Osteosarkoom ‘n tipe kanker wat die been aantas en sedert September 2022 het haar toestand aansienlik vererger.

Aanvaklik het Delarize begin kla van pyn in haar regter been nadat sy by die skool geval het.

Enkele dae na die val het dié been begin opswel en haar ma Karin (44) het haar dokter toe geneem. Na talle toetse is sy met fase drie osteosarkoom gediagnoseer.

“Ek was aanvanklik baie kwaad vir die Here, ek kon nie verstaan hoekom Hy toelaat dat dit met haar gebeur nie maar ek het gou besef dat alles met ‘n rede gebeur en dat Hy ‘n ander plan met haar het,” het Karin vertel.

Delarize se regterbeen is in Oktober 2023 geamputeer met die hoop om te verhoed dat die kanker versprei maar dit was egter te laat en dit het reeds na haar longe versprei.

Dié kankergewas groei tans ook oor haar blaas wat daartoe gelei het dat sy onlangs ‘n kateter moes ontvang.
Delarize weeg tans slegs 23kg.

Die dokters het vir die Stevenson gesin gesê hulle moet hulself op die ergste voorberei. “Hoe doen ‘n mens dit?” vra Karin.

“Ek is nie reg nie, ek sal nooit reg wees nie!”

Delarize veg al vir meer as twee jaar lank en sy erken dat sy nie bang vir die dood is nie.

“Ek is ongelooflik trots op haar; sy is sterk en hanteer dit nog heelpad baie goed,” vertel Karin.

Alhoewel daar nie veel meer is wat die dokters vir haar kan doen nie, besoek sy steeds die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal gereeld vir gesondheidsondersoeke.

Haar pa Willem (46), is vol lof vir die uitstekende diens wat hulle van die personeel en dokters ontvang en meen dat hy dankbaar is vir wat hulle tot dusvêr vir sy dogter gedoen het.

Delarize het verlede jaar Junie haar laaste chemoterapie ontvang;’n behandeling wat altesaam 18 weke lank geduur het.

Haar ouers bewonder haar konstante positiwiteit en erken dat geloof ‘n groot rol in die hele gesin se gemoed speel.


LEES OOK: Parents must ensure learners’ transport is registered


Alhoewel Delarize in konstante pyn leef, is sy op ‘n sterk dosis morfien. Sy erken dat sy nie bang is om dood te gaan nie, sou God haar nou kom haal.

“Ek wens ek kon al haar pyn vir my vat,” het Karin bygevoeg.

Delarize is ‘n groot aanhanger van Karlien van Jaarveld en haar grootste droom is om haar in lewende lywe te ontmoet voordat dit te laat is.

Benewens die gesondheid van hulle dogter bekommer die gesin hul ook oor die mediese onkostes wat ophoop.

Persone wat wil bydra tot dié mediese onkostes kan die volgende rekeningnommer gebruik. Capitec Bank, rekeninghouer: D Stevenson, rekening nommer: 2023021525, verwysing: Delarize.


Delarize Stevenson gaan nog vir gereelde ondersoeke by die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal.

Related Articles

 
Back to top button