Local newsNews

VLU vier 40ste bestaansjaar

Hierdie organisasie is 1984 in Springs gestig en beywer steeds om aan vroue die geleentheid te gee om hulself te verryk.

Die Springs-tak van die Vroue Landbou-Unie vier vanjaar hul 40ste bestaansjaar en beplan om dié mylpaal in styl te vier.

Hierdie organisasie is 1984 in Springs gestig en beywer steeds om aan vroue die geleentheid te gee om hulself te verryk.

Vroue word in alle aspekte van vrouwees verryk en ‘n bydrae word gelewer tot gesinne en in die gemeenskap waar hegte lewenslange vriendskapsbande gesmee word.

Die organisasie ag gemeenskapsprojekte van belang en beoog om minderbevoorregtes in die Springs gemeenskap by te staan.

Om die tak se 40ste bestaansjaar te vier, beplan hulle ‘n stylvolle feesviering wat op 1 Junie by Dr WK du Plessis Skool sal plaasvind.

Die tema is ‘Leef in volkleur’ en die kaartjies beloop R200 per persoon wat ‘n ete, vermaak, pryse en verskillende uitstallers insluit.

Die motiveringspreker Anné Blom sal ook die gaste inspireer.

Vir meer inligting en kaartjies, kontak Louise Fourie by 083 268 8570 of Sankie Jordaan by 082 922 9712.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button