Local newsNews

Geen tekort aan kreatiwiteit by die hoede kompetisie

Die deelnemers het vrolik met hul kleurvolle hoede gepronk.

Die Jesus is Lig Kerk in Eastvale het Saterdag ’n hoede kompetisie vir senior burgers aangebied.

Hierdie jaarlikse kompetisie het ‘n geliefde tradisie geword, met die oog daarop om die deelnemers se kreatiwiteit op die proef te stel en vir groot pret te sorg.

Die deelnemers het vrolik met hul kleurvolle hoede gepronk en wenners onder die vroue asook die mans is aangewys.

In die vroue afdeling was Maria Brits eerste, Marie Joubert (tweede) en Linda Potgieter (derde). In die mans afdeling was die wenners Marius Hartslief gevolg deur Piet Joubert (tweede) en Deon De Beer (derde).

Joan Venter en Chris Smith het ook pryse ontvang vir die senior burgers wat die beste met hul hoede geparadeer het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button