Local newsNews
Springs Skaakklub speler verteenwoordig Ekurhuleni
Die Anker leerder en lid van die Springs Skaak Klub het goed gevaar by die spele.
Emuel Pitzer, ‘n Graad Agt leerder by HoĆ«rskool Die Anker, het by die Springs Skaakklub die regte skuiwe gemaak en is gekies as een van vyf leerders om Ekurhuleni by die Soncini Games op 26 Oktober te verteenwoordig.
Ekurhuleni se span het goud verwerf, waar Emuel vyfde gekom het uit 28 spelers. Hy het teen spelers uit Tswane, Johannesburg Metro, Wesrand, Sedibeng, en die Italiaanse span uit Reggio Emilia deelgeneem.
Emuel is ook gekies om by die Interstreek Kampioenskappe in die o16-groep op 7 en 8 Desember deel te neem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



