Local newsNews

Kos word benodig vir minderbevoorregtes

Die gemeenskap word aangemoedig om by hierdie kosprojek betrokke te raak en 'n positiewe bydrae te lewer.

Die nie-winsgewende organisasie, 3G Ministries beplan om met hul Project Lifeline gedurende Desember sowat 100 minderbevoorregte gesinne te voed.

Daar word ‘n beroep om die publiek gedoen om te help om die projek suksesvol te maak.

Items wat benodig word vir die kospakkies is onder meer rys, pasta, mieliemeel, geblikte bone, suiker, tee, koffie, aartappels, melk en eiers.

Die publiek kan ook kontant donasies maak of die voedsel produkte by die organisasie se perseel te Parry Weg 102, Nuffield gaan aflaai.

Indien daar genoeg skenkings is kan die projek uitgebrei word om meer gesinne in nood te betrek.

Vir meer inligting, skakel vir Niel Smit by 074 680 6596.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button