Hokkiespeler kry hupstoot vir toer
Die hokkie speler werk hard om die toer na Italië 'n werklikheid te maak.
Zander Pitzer, ‘n voormalige leerder van Hoërskool Die Anker en huidige leerder aan Olympia Park Skool, is gekies vir die Prestige Jeugsport se Rhino toer na Italië.
Die Brakpan Herald (susterskoerant van die Springs Advertiser) het voorheen oor die jong hokkiespeler berig (Hokkiespeler skud blik vir Italië toer, 1 November).
Sy ma, is druk besig om fondse in te samel vir Zander se toer, wat van 2 tot 11 Desember gaan plaasvind, waar hy deel van die Rhino Streekhokkie o19-span sal wees.
Die gesin is baie dankbaar vir ‘n aansienlike kontant donasie wat Zander ontvang het van Vodacom se tak in die Mall@Carnival.
LEES OOK: Bobaas bakster beïndruk met beskuit
Dié skenking is Dinsdag, 19 November amptelik aan hom oorhandig.
Zander skud ook weer Saterdag (30 November) blik by die kruising by Mall@Carnival in Brakpan in ‘n poging om nog fondse bymekaar te maak.
Hy het ook ‘n Backabuddy veldtog: “From Home Fields to Italian Goals: Support Zander’s Hockey Tour!”, alhoewel fondse ‘n geruime tyd neem om oorbetaal te word.
Enigiemand wat belangstel om hulp te verleen kan Natasha Pitzer by 082 539 0759 kontak.
LEES OOK: Mayor marks 16 Days of Activism campaign



