Projek skep nuwe toekoms met vaardighede en werkgeleenthede
Afgetrede professionele persone en sake-eienaars is die ideale kandidate om deel te vorm van diegene wat hul ervaring en kennis terugploeg
Met die dat Suid-Afrika beduidende uitdagings in die gesig staar rakende die hoë werkloosheidsyfer en indiensneming, het die Novus Vita gemeente van Strubenvale ingegryp en Project Hope het ontstaan.
Project Hope beoog om hierdie kwessie aan te spreek deur opleiding, ontwikkeling en mentorskap te bied volgens Bybelse beginsels.
Die oogpunt is om die gemoed van werklose te beïnvloed deur vir hul hoop te gee met nuwe vaardighede en werksgeleenthede.
Die Project Hope Sentrum word tans in Dersley opgerig en sal onder andere ‘n kerk, kleuterskool, opleidingsfasaliteite en mikro-besigheidsondersteuning in sluit.
Die sentrum sal sy eie werknemers hê wat in die restaurant, werkswinkels, kantore en klaskamers sal werk.
Die hoofdrywer agter die projek sal die mikro-besigheidsondersteuningsentrum wees wat ondermeer finansiële dienste, besigheidsregistrasiedienste, bemarking en tenderondersteuning in sluit.
Die sentrum sal ook ondersteuning bied vir nuutgestigte besighede en mikro-ondernemings, wat sukkel om te oorleef en sal as basis vir opleiding en ontwikkeling gebruik word.
Hierdie projek het reeds ‘n lang lys van mense wat hulle gehelp het wat voorheen werkloos was en hulle weer terug op die been gebring het.
Afgetrede professionele persone en sake-eienaars is die ideale kandidate om deel te vorm van diegene wat hul ervaring en kennis terugploeg in die begunstigdes van die projek.
Vir meer inligting oor hoe om by die projek betrokke te raak, kontak vir Johan Groenewald by johang@epts.co.za.
LEES OOK: Victims of GBV advised to leave abusive relationships
LEES OOK: Dersley Park ouerpaar hoopvol dat hul baba eendag sal kan sien