Local newsNews
Minderbevoorregtes geniet feesmaal
Die Sterk Toring gemeente beoog om vanjaar nog meer behoeftige mense te bereik.
Lede van die Sterk Toring Gemeente in Strubenvale het vanjaar talle harte op Kersdag verbly.
Hierdie gemeentelede het vanaf Ou-Kersdag tot Kersoggend maaltye voorberei wat aan minderbevoorregte mense uitgedeel is.
Hierdie etes was op Kersdag voor Strubenvale apteek uitgedeel en ongeveer 130 minderbevoorregte mense was met maaltye bederf.
Sterk Toring beoog om hierdie projek, The gift of giving, ‘n gereelde instelling te maak en hoop om in 2025 ‘n verskil in die gemeenskap te maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




