Leer die kuns van luggeweerskiet by die East Rand Air Rifle Klub
Die East Rand Air Rifle Klub verwelkom enigeen wat wil aansluit.

Indien jy geen ervaring met luggewere het nie en belangstel om meer daaroor te leer, is ‘n besoek aan ‘n skietklub die plek om te begin.
As gevolg van die tekort aan skietklubs in die omgewing het die East Rand Air Rifle Klub in 2023 ontstaan nadat Kelly en Hein Snibbe vir hulle kinders die geleentheid wou gee om met luggewere te skiet.
’n Luggeweer gebruik energie van saamgeperste lug of gasse wat meganies onder druk geplaas word en dan vrygestel word om projektiele aan te dryf.
Die fundamentele beginsels vir luggewere is dieselfde as vir jag en langafstand gewere, daarom is luggeweer skiet ideaal om hierdie beginsels te oefen.
Die East Rand Air Rifle Klub beskik oor ‘n Hunter Field Target, wat ‘n internasionale skiet dissipline is met reëls wat regoor die wêreld toegepas word.

Daar word huidig vier ligas per jaar by dié klub aangebied en lede skiet ook minstens een keer per maand teen ‘n ander klub vir addisionele oefening.
Hierdie klub bestaan tans uit 15 lede wat al onder meer gekies was vir die Protea span asook vir die vroue Suid-Afrikaanse nasionale afdeling.
Sommige lede het ook al ‘n tweede plek by die Suid-Afrikaanse Wêreldkampioenskappe en ‘n derde plek by die o18 Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskappe verower.
Die stigters van die klub, Kelly en Hein meen skuts het geen vorige ervaring nodig om aan te sluit nie. Beide mans en vroue, jonk en oud is welkom om deel van die luggeweer familie te raak.
Vir meer inligting oor die East Rand Air Rifle Klub, kontak Kelly Snibbe by 079 342 0170.
LEES OOK: Bookings for Lifeline’s personal growth course now open
LEES OOK: Local dog trainer reveals secrets to happy, well-behaved dogs