Nie-werkende straatligte en pale wat val is rede tot kommer
Die Stad van Ekurhuleni is van meding dat vandalisme die rede vir die donker strate is.

Klagtes stroom in oor die toestand van nie-werkende straatligte in Springs, en die gemeenskap sê hulle is saans bang om op die pad te wees omdat die strate pikdonker is.
Die Springs Advertiser het die afgelope paar maande talle klagtes ontvang van inwoners wat kla oor straatligte wat saans nie werk nie, maar bedags brand.
Daar is ook lamppale wat vir maande plat lê nadat dit vermoedelik raakgery is en ander wat weens vandalisme buite werking is.
Dit is ook opvallend hoeveel lamppale in die dorp besig is om te kantel.
Die Advertiser het voorheen oor hierdie en ander diensleweringsverwante kwessies berig en weer die Stad van Ekurhuleni om kommentaar gevra. Die stad is egter van mening dat vandalisme die rede vir die donker strate is.
“Diensverskaffers vir die instandhouding en herstel van straatligte is in April 2024 aangestel,” het Zweli Dlamini, die woordvoerder van die stad gesê.
“Die departement het begin met die agterstand van straatlig onderhoud en die toepassing van straatlig projekte, onderhewig aan beskikbaarheid van begroting. Ons het ‘n agterstand ervaar weens die omvang van vandalisme aan straatlig infrastruktuur.
“Ons spanne gee aandag aan alle klagtes wat op die stelsel aangemeld is en waarvoor daar verwysingsnommers is.”
LEES OOK: Duo nabbed for theft, drug possession
LEES OOK: WATCH: Third time unlucky: Meat Hub Butchery window destroyed in another taxi accident