News

Atlete haal uit en wys by interlaer

Aanskoulike atletiek was aan die orde van die dag.

Atlete van verskeie laerskole van die dorp het op 4 en 6 Februarie aan die jaarlikse interlaer atletiekbyeenkoms by die Laerskool Christiaan Beyers kragte gemeet.

Ten spyte van die erge hitte was die atlete slaggereed en is behoorlik laat spaander om punte bymekaar te skraap.

Atlete het aan verskeie baan- en velditems deelgeneem, waar punte toegeken is om verder te kwalifiseer vir die Groter Springs byeenkoms, gevolg deur die D5-byeenkoms, Gauteng kampioenskappe en uiteindelik die SAs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button