Sassa begunstigdes moet opskud vir nuwe kaarte
Die sperdatum van 20 Maart is om die draai
Ondanks die verlenging van die sperdatum vir nuwe Sassa kaarte, word toelae ontvangers steeds aangemoedig om so gou as moontlik vir ‘n nuwe kaart aansoek te doen.
Dit volg na die onlangse chaos en miernes van bedrywighede by Springs se Sassa kantoor en by Checkers in die Springs Mall.
Begunstigdes het vir dae lank in ellelange rye gestaan nadat die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) aangekondig het dat die goue Sassa kaarte eersdaags gaan verval en spoedig met Postbank se nuwe swart kaarte vervang moet word.
Honderde mense wat Sassa toelae ontvang moes noodgedwonge in die rye staan, met min tot geen sukses, as gevolg van die beperkte aantal verspreidingspunte.
Begunstigdes moes aanvanklik voor die sperdatum van 28 Februarie van die ou Sassa kaarte na die nuwe Postbank kaarte oorskakel om hul maandelikse toelae te ontvang.
Die nuwe sperdatum van 20 Maart is om die draai en begunstigdes word aangemoedig om dit so gou as moontlik oor te skakel na die nuwe swart Postbank kaarte om sodoende laaste minuut paniek en chaos te vermy.
ALSO CHECK: City of Ekurhuleni offers free IT courses
ALSO CHECK: Springs businesses invited to network and expand



