Local newsNews

Oudste dogter van Springs se ‘Huis van Gruwels’ deel haar storie

Vir Landi gaan dit nie oor wat met haar gebeur het nie, maar oor wie sy nou is ten spyte daarvan.

Landi (27), die oudste dogter van die berugte ‘Huis van Gruwels’ in Springs, het Saterdag by die Laerskool Brakpan-Oos ‘n praatjie oor haar ervaring aangebied.

Vir Landi gaan dit meer oor vergifnis as haar geskiedenis. Sy het kortliks haar storie aan gaste weergegee voordat sy vertel hoe sy kon herstel deur vergifnis. Sy het al sovêr as Welkom haar boodskap versprei, en doen hierdie praatjies al vir sewe jaar.

“Ek vertel my storie, al die seer, en dan beweeg ek aan na die goeie. Waar ek nou is, maak nie saak wat met my gebeur het nie; ek skep nou ‘n nuwe lewe vir myself,” het sy vertel.

Landi ervaar die praatjies grootliks positief, en sien haarself as ‘n instrument in God se hand met ‘n groter doel.

“As daar iets is waaroor ek nie wil praat nie dan doen ek nie, so dis nooit negatief nie. Dit gaan oor wat die Here vir my gedoen het, en dit is ‘n geleentheid om Sy waarheid te deel,” het sy verduidelik.


LEES OOK: Tambo Memorial Hospital powers up radiology with advanced machinery


Sy glo dat ‘n persoon se identiteit nie afhang van dit wat hulle deurgemaak of gedoen het nie, maar wie die persoon kies om te wees en wat hulle kies om te doen.

Landi werk al drie jaar by ‘n skool, terwyl sy vir haar onderwys diploma studeer het, en beoog nou om haar graad in onderwys vir die grondslagfase te kry.

Sy is ook al vier jaar in ‘n gelukkige verhouding, en hoop om in die nabye toekoms verloof te raak aan haar kêrel.

“Ek is baie opgewonde vir my eie klassie een dag, en om vir ewig saam met my kêrel te wees. Ek wil graag verloof raak, trou, en saam met hom die wêreld toer. Ek wil gaan net waar ook al ek kan.

“Ek is al 11 jaar uit daardie huis uit, ek wil ander kulture en leefwyses beleef. Ek het ook nog kontak en ‘n goeie verhouding met al die ander kinders. Al is ons nie by mekaar nie, ons is nog steeds deel van mekaar se lewens,” het sy mee afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button