Local newsLocal sportNewsSport

KYK: Bert Collins Boks Klub bied suksesvolle toernooi aan

Vyf boksers van die Bert Collins Boks klub het aan Saterdag se toernooi deelgeneem.

Die Bert Collins Boks klub het Saterdag ‘n toernooi suksesvol by die klub aangebied. Altesaam 17 klubs van regoor Ekurhuleni, Rustenburg en selfs Mpumalanga het deelgeneem.

Vyf boksers van die Bert Collins klub het deelgeneem en baie goed gevaar. Eerste aan die beurt van die 14-jarige Jaco de Bruyn wat naelskraps met ‘n 2-1 beslissling verloor het.

Eugene Scholtz (17) het teen ‘n bokser van Vaal Reefs te staande gekom en sy opponent met ‘n 3-0 punte beslissing gewen.

Daarna het Jean-Louie van Biljon (16) het teen Faith Bokskkub se bokser te staan gekom.


@springsadvertiser

Die Bert Collins Boks klub se Jaco du Bruyn in aksie tydens Saterdag se toernooi. #Ekurhuleni #boxing

♬ original sound – Springs Advertiser – Springs Advertiser


Jean-Louie het met ‘n 3-0 punte beslissing gewen en die geveg was ook aangewys as die beste geveg vir die dag.

Die 20-jarige Daniël Zingeni het teen ‘n bokser van Eden Park ten staande gekom en hy het ongelukkig in rondte twee met ‘n ABD verloor.

Laaste het Blessing Tguma (21) op sy beurt sy opponent ‘n ordentlik les geleer en met 3-0 punte beslissing gewen.

Volgens die voorsitter, Jeanette Dyzel was die dag ‘n reuse sukses. “Al die boksers het hulle beste gelewer en gewys dat harde werk wel beloon word.”




LEES OOK: State Mines hosts Ekurhuleni Senior Women’s memorial tournament champions

LEES OOK: Residents fear for safety as criminal activity escalates around abandoned classrooms

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button